Altesame 13 motors, Andre en Marlene, Jan en Drieka, Fred en Alma, Ernie en Jeanette, Dirk en Sylvia, Ted en Marie, Harry en Dianne, Terry en Pam, Des en Wendy, Leon en Daleen, Albie en Joan, Gordon en Elise sowel as Marius en Louanna Cronje en gesin het Sondagoggend bymekaargekom om aan die uitstappie na Paulpietersburg toe deel te neem.
Bonamanzi (Paulpietersburg se dam) is die ideale plek om te besoek vir 'n piekniek. Die geriewe daar is uitstekend. Daar was selfs ‘n skiboot op die dam! Baie dankie aan John en Jenetta Darlow vir die houtskool wat hulle geskenk het om die braaivleis vure mee aan te steek.
Die ou motors het almal baie goed gery ten spyte van die warm weer en die moontlikheid dat die verkoelers dalk die hitte sal voel en begin kook. 'n Baie gesellige dag is deur almal geniet en ons sien uit na volgende maand se uitstappie. Hopelik sal daar weer 13 of meer motors wees om deel te neem. Volgende maand se uitstappie gaan ‘n “club-run” wees en daarna sal almal by die klubhuis bymekaarkom om lekker gesellig saam te verkeer.
06 March 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

0 comments:
Post a Comment